• Instagram Liriekfabriek
  • Facebook
  • contact us

Tuis | Musiek Fabriek | Stuur jou lirieke
Vul asb die vorm in

Top 10 Videos

Musiek App

Download ons Musiek App.

Lirieke Amanda Strydom

Amanda Strydom - Ek loop die pad


Inleiding

Ek loop die pad, al lank, my lam.
So kaalvoet deur die kou.
Van doeriekant se doringveld.
En kyk hoe lyk ek nou.

Ek loop die pad, so sonder hoed.
Deur son en wind en grou.
So kaalvoet, op die slingerpad.
En kyk hoe lyk ek nou.

Instrumenteel

My lam, die gras is soms so groen.
En die son is soms so lou.
Maar ek loop hierdie pad alleen, my lam.
En kyk hoe lyk ek nou.

Onthou jy nog hoe ons kon loop?
So loslyf, en verspot.
So vlieg - vlieg oor die koppies heen.
'n Ragab en 'n Lot.

Instrumenteel

Maar nou loop ek, alleen my lam.
So kaalvoet deur die kou.
En soms, net soms dan wonder ek?
My lam, waar is jy nou?

En soms, net soms, dan wonder ek?

My lam, waar is jy nou?


Musiek en lirieke deur A Strydom/A Cronjé - Uitgewer SAMRO


Top 10 Liedjies